Local newsNews

Vroue geniet gesellige damestee

Hou aan jou geloof vas en moet nie afwyk nie.

Op 6 Augustus het die Suikerbos Aftree-oord ’n damestee gehou om Vrouedag te vier.

Susan Conradie, ’n dieetkundige, en Mia Jordaan van Fresh Forward Brands was die gassprekers wat die vroue toegespreek het.

Sowat 50 vroue, wat in verskillende hoede getooi was, het die samesyn terdeë geniet.

Conradie en Jordaan het die boodskap deurgebring dat almal ’n kroon van God se skepping is.

“Wees lief vir jouself. Versorg jou liggaam. Jy het net een liggaam en kyk na wat aan jou toevertrou is,” het Conradie gesê.

“Fokus op dit waarin jy glo en moet nie van die pad afdwaal nie. Hou aan jou geloof vas en moet nie afwyk nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button