Local newsNews

Helpende Hand skenk sanitêre pakkies

Die tak het deur middel van skole en die uMephi Kinderhuis aan meer as 60 dogters sanitêre pakkies voorsien.

Lede van Solidariteit Helpende Hand se Nigel-tak het onlangs verskeie sanitêre pakkies aan skole in die dorp oorhandig.

Die pakkies vorm deel van die organisasie se Help Hetta projek, wat daarna streef om dogters ongeag hul omstandighede by te staan.

Die pakkies bevat produkte soos seep, room, sanitêre doekies en ander hulpvaardige produkte.

“Ons wil baie dankie sê aan almal wat bygedra het om die pakkies moontlik te maak,” het Nico Janse van Vuuren (voorsitter), gesê.

“Ons kon op die dag vir meer as 60 dogters help met ‘n pakkie.”

Die tak het pakkies aan Laerskool Tini Vorster, Laerskool Hannes Visagie, Hoërskool John Vorster en aan die uMephi Kinderhuis oorhandig.

Om deel te word van die tak, of om by te dra as ondersteuner, kontak vir Nico by 060 528 0018.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button