Local newsNews

Nigel VLU geniet vrolike lente vergadering

Die VLU vroue was vermaak deur klavierspel en kon ook aan rolkoek smul na die vergadering.

Lede van die Nigel VLU het op 8 September hul maandelikse vergadering geniet.

Tydens die gesellige vergadering het die gasvrou, Marcelle Bonafé, haar kennis oor die Moringa plant met die lede gedeel.

Hettie Botha het meer vertel oor hul skrywer van die jaar, Mark Winkler.

Die voorsitter, Ronel Lombaard se kleinseun, WJ Lombaard (13) het ook die vroue vermaak met klavierspel.
Lombaard het al die lede wat vanjaar se kongres na Meulstroom meegemaak het bedank.

“Ons het lekker gelag en baie geleer, dit was ‘n puik kongres.”

Anna-Marie Axer wys die vroue hoe om ‘n rolkoek te vul en af te rond.

Na die afloop van die vergadering het Anna-Marie Axer (skakelbeampte) vir die vroue gewys hoe om ‘n rolkoek te vul en netjies af te rond.

Die tak se volgende vergadering sal op 13 Oktober gehou word.

Belangstellendes kan Axer by 082 886 2002 kontak vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button