Local newsNews

VLU vroue geniet maandelikse vergadering

Die VLU vroue het hul maandelikse vergadering op 20 September gehou.

Lede van die Rensburg VLU het op 20 September hul maandelikse vergadering gehou.

Tydens die vergadering het Elmarie Eygelaar meer oor die tak se boom van die jaar, die kanabas, vertel.

Verskeie opkomende projekte sowel as die tak se 50ste verjaarsdag, wat in Februarie volgende jaar gevier sal word, is ook tydens die vergadering bespreek.

Jeanie Boshoff, wat vanjaar goed gevaar het met kolletjie-kuns by vanjaar se kongres, het die vroue ook meer oor die kongres vertel.

Petra Basson het die vroue ingelig oor die nuwe kompetisie artikels se riglyne en temas.

Die tak se volgende vergadering sal op 18 Oktober gehou word.

Vir meer inligting of om by die tak aan te sluit, kontak Eygelaar by 082 561 0441.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button