Local newsNews

Pyplyn ondergaan herstelwerk

Die hoof waterpyplyn langs die R42 in Nigel is tans besig om vervang te word.

Die hoof waterpyplyn in Springsstraat in Nigel, oftewel die R42, wat gereeld bars en die dorp se watervoorsiening beïnvloed, word tans vervang.

Die Stad van Ekurhuleni se Water Departement vervang die pyplyn tussen die Caltex- en Sasol vulstasies.

DA raadslid (Wyk 88) Wollaston Labuschagne meen dat hy inwoners vroegtydig sal inlig wanneer die oorskakeling van die huidige pyplyn na die nuwe een sal plaasvind.

‘n Tydsberaming vir die voltooiing van die projek kan nog nie gegee word nie.

Motoriste word gemaan om versigtig verby die area te ry.

Meer inligting sal volg soos dit beskikbaar word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button