Nigel VLU fokus op borskankerbewustheid
Die vergadering het 'n borskankerbewusmaking gesprek saam met 'n mosaïekwerk demonstrasie ingesluit.
Lede van die Nigel VLU het op 13 Oktober hul maandelikse vergadering gehou.
Die vergadering se fokuspunt was gemeenskap bewustheid en die vroue het meer by die gasspreker, Dr Erika Scholtz geleer oor borskanker.
Scholtz, wat self ‘n borskanker-oorlewende is, meen dat Oktobermaand, oftewel Pinktober, gaan oor borskanker bewusmaking.
“Borskanker beïnvloed talle vroue regoor die wêreld,” meen Scholtz.
“Vroeë optelling van ‘n gewas kan beteken dat die kanse van genesing byna 98% is, indien nie hoër nie.”
Scholtz sê alhoewel mans ook borskanker kan kry, is dit minder algemeen.

Sy het vir die vroue verskeie wenke gegee oor selfondersoek asook die belangrikheid van siftingstoetse.
“Jy is nooit te mooi, te oulik, te maer, te vet, te jonk of te oud om borskanker te kan kry nie,” sê Scholtz.
“Selfondersoek is baie belangrik want jy ken jouself en weet wanneer daar iets fout is.”
Hettie Botha het tydens die vergadering die vroue meer vertel oor die skrywer van die jaar, Jaco Jacobs.
Trudie Retief het die vergadering afgesluit met ‘n inligtingsessie oor mosaïekwerk.

Die tak sal hul volgende vergadering asook hul jaarafsluiting op 10 November by Ouma Koekies se Kombuis hou.
Vir meer inligting, of om by die tak aan te sluit, kontak vir Anna-Marie Axer by 082 886 2002.



