Local newsNews

Rensburg VLU geniet gesellige oggend

Die vroue het elkeen tydens die vergadering 'n pothouer van herwinde materiaal gemaak en versier.

Lede van die Rensburg VLU-tak het op 18 Oktober hul maandelikse vergadering geniet.

Marty Jerling, die tak voorsitter het die lede bedank vir hul bywoning asook harde werk met die kompetisie artikels en die projekte wat deur die tak aangepak word.

Elize Coetzee (streekvoorsitter) en Elize van Biljon (streeksbestuurslid) was ook teenwoordig. Van Biljon het die lede se kompetisie artikels beoordeel.

Esra Leibold van die tak het die vroue meer oor borskanker en kankerbewustheid vertel.

Elize Coetzee saam met Elize van Biljon en Marty Jerling (tak voorsitter) tydens die vergadering.

Die fokuspunt was wat om vir iemand met kanker te sĂȘ.

Leibold het ook vir die vroue maniere gewys hoe om pothouers van herwinde materiaal te maak en te versier.

Die tak se volgende vergadering, wat ook as afsluiting sal dien, sal op 15 November gehou word.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit kontak Elmarie Eygelaar, die skakelbeampte, by 082 561 0441.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button