Die eerste dag van die eerste skoolkwartaal vir 2023 het op11 Januarie aangebreek.
Die groep nuwe Graad Een leerders bymekaar.
By Laerskool AG Visser het daar ‘n opgewonde en vrolike atmosfeer geheers.
Die skoolhoof Selma Marx het almal terug verwelkom.
“Ons almal sien uit na die nuwe uitdagings wat die jaar gaan bring. Vriendskappe, wat vir jare onthou gaan word, gaan gesmee word. Elke leerder het talente wat ontgin moet word en tot die beste van hulle vermoë moet uitleef,” het Marx gesê.
“Volhard in alles wat jy doen en sukses sal jou volg,” was die hoofdogter Erica Vallentgoed se boodskap.
Hoofdoger, Erica Vallentgoed spreek die leerders toe.Dylan de Bruyn die hoofseun het ook ‘n boodskap vir die nuwelinge gehad.
Die hoofseun, Dylan de Bruyn, het verder gesê: “Hou vas in wat jy glo en moet nie afwyk nie. Ons almal werk na sekere doelwitte in die lewe en saam sal ons dit kan bereik.”
Na die opening het die Graad Een leerders die tradisie, wat al jare by Laerskool AG Visser staan, voortgesit met die lui van die klok deur elk deur die nuwelinge.
Graad Een leerder Lenya Struwig was reg om die skoolbanke te betree.Maatjies Lenya Struwig en Stacy Smith.Lang pad skool toe.
Die dag wanneer die leerders met Graad Sewe klaarmaak lui hulle die klok vir die laaste keer.
Dyson Harris en sy onderwyseres Sherani van Heerden.
Matt Potgieter en sy onderwyseres, Suzette du Toit, by die klok wat deel van die skool tradisie is.
Laerskool AG Visser se skoolhoof Selma Marx spreek die leerders toe.
Jaden Bester in Graad Vier (Eerste dag in AG Visser) lui die klok.
Dylan de Bruyn die hoofseun het ook 'n boodskap vir die nuwelinge gehad.
Nefies Hanrei Botha en Matt Potgieter het saam die eerste dag van hul skoolloopbaan aangepak.
Die groep nuwe Graad Een leerders bymekaar.
Hoofdoger, Erica Vallentgoed spreek die leerders toe.
Johan Groenewald is reg om te begin leer.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!