Local newsNews

Bekende Heidelberger oorlede

Ike van Wyk was 'n diep gelowige mens.

‘n Geliefde inwoner van Heidelberg, Ike van Wyk is op 27 Maart oorlede, nadat hy ernstig siek geword het.

Ike was ‘n wel bekende sakeman asook ‘n populêre omroeper op FM Gospel.
Hy is op 26 Maart opgeneem in Thelle Mogoerane Hospitaal, Vosloorus, waarna hy na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal oorgeplaas is.

Ike was daar in ‘n medies-geïnduseerde koma geplaas, as gevolg van probleme met sy galblaas. Hy is in die hospitaal oorlede.
Ike laat sy vrou Annalize en hul dogter, Christelle agter.

“Ike het vir sy geloof gelewe, en wou gehad het dat elke persoon moet weet dat geloof die dryfveer is wat jou in die lewe aan die gang hou,” het Annalize gesê.
“Ike was ‘n vriend vir almal waarmee hy in kontak gekom het,” het sy bygevoeg.

Die begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button