News

Wat gebeur in Nigel en Heidelberg

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie. Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

HEIDELBERG

• 1 Junie

Suikerbos Vereniging vir Bejaardes hou vanaf 10:00 ‘n opedag om die Goue Akker Demensie eenheid bekend te stel by Freeman Straat 1, Heidelberg. Kontak Marlene Walkden by 076 921 5590 vir meer inligting.

• 8 Junie

Suikerbos Oord hou ‘n winterdans. Kom dans jouself warm op die ritme van die Suikerbos Orkes en Rudi Kraft by die Suikerbos Oord saal. 18:00. Ingang R50. Bespreek by die Suikerbos kantoor 016 649 5180 of kontak Pieter Griffin by 072 732 9025.

• 8 Junie

Laerskool AG Visser hou hul jaarlikse skaak ope in samewerking met Sedibeng. Die ope is vir alle skaakliefhebbers, nie net skoolgaande leerders nie. Sluitingsdatum vir inskrywings is 6 Junie. Kontak Marius Kruger by 084 586 4967 vir meer inligting.

Weekliks:

• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.

• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.

• Die Suikerbosoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.

• Die Suikerbos Oord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.

NIGEL

• 1 June

Nigel Clean-up will be renovating the Kingsway park from 08:30. Anyone who want to help or sponsor the project can contact Ilze Willemse at 079 850 4791.

• 13 Junie

VLU Nigel-tak hou ‘n Italiaanse oggend by die NG Kerk Nigel Oos. Toegang is R50. Daar sal ‘n grimeer demonstrasie wees deur Andrea Axer en die spreker vir die oggend is Annetjie Lehman. Dames word genooi om volgens die Italiaanse tema aan te trek met jasse en hoede. Kontak Elsa Greyling by 083 703 1763 vir meer inligting.

WEEKLY:

• Nigel Clean-up initiatives are taking place daily and various projects are planned for each Saturday in an effort to keep the town clean and tidy. To get involved, contact Ilze Willemse at 079 850 4791.

• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at the Conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.

Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie. Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za

Related Articles

 
Back to top button