Local newsNews

Hengelaar blink uit by nasionale kampioenskappe

Dit was nie egter nie Anthony se enigste prestasie tydens die kampioenskappe nie; hy is ook as Victor Ludorum aangewys.

HEIDELBERG – Anthony Muller, ‘n Graad 11 leerder aan die Hoër Volkskool het met groot welslae aan die SA Nasionale Junior Hengel Kampioenskappe, wat vanaf 9 tot 11 Desember by die Bloemhofdam plaasgevind het, deelgeneem.

Die 32 top hengelaars was in vier sones (A, B, C en D) opgedeel met twee hengelaars wat verskillende provinsies in elke sone verteenwoordig het.

Anthony het saam met sy spanmaat, Mackenzie Ross, Gauteng verteenwoordig en het in die C-sone deelgeneem.

Anthony se span (Gauteng C) het as oorwinnaars uit die stryd getree. Dit was nie egter nie Anthony se enigste prestasie tydens die kampioenskappe nie; hy is ook as Victor Ludorum aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button