Local newsNews

Goue Akker vier eerste bestaansjaar

Met 'n kapasiteit van 17 inwoners is al die plekke by Goue Akker gevul.

HEIDELBERG – Suikerbosoord se Goue Akker eenheid vier sy eerste bestaansjaar. Die Goue Akker se deure het offisieël op 5 Junie 2024 oopgemaak. Lees Goue Akker open sy deure 5 Junie 2024.

Twaalf maande later met ‘n kapasiteit van 17 inwoners met demensie, is al 17 plekke tans gevul.

Volgens Marlene Walkden, maatskaplike werker het van die inwoners wat van Silverakker oorgeplaas is na die Demensie eenheid binne die eerste twee maande merkwaardig verbeter in terme van kommunikasie, beweeglikheid asook onafhanklikheid in ‘n mate.

“Dit is toegeskryf aan die gefokusde werk van die versorgers soos opgelei deur Welma Geldenhuys van ADASA .

“Met ‘n verhouding van een versorger vir vier inwoners is daar baie stimilasie, ondersteuning en hulp om inwoners so aktief en onafhanklik moontlik te hou,” het Marlene gesê.

Tannie Stofie Pruis wat haar 99ste verjaarsdag gehad het op 11 Mei, is net een van die geliefde inwoners. Goue Akker is n tuiste waar geliefdes met demensie met menswaardigheid versorg en beskerm word.


At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button