Local newsNews
Tweede Volkskool-derby gaan ook na die Brakke se kant toe
Die Brakke het ook die swemgala gewen en hul voorsprong in die algehele derby-kompetisie versterk.
HEIDELBERG – Die Hoër Volkskool se tweede interne derby vir 2026 is nou iets van die verlede. Ná die atletiekinterhuis, waar die Brakke as wenners teen die Dorpspan gekroon is, het die tweede derby by die sweminterhuis plaasgevind.
Weereens het die Brakke bewys dat hulle vanjaar met oortuiging meeding en het hulle ook die swemgala agter hul naam geskryf.
Verskeie derbies tussen die twee spanne lê nog voor, waarna die algehele wenner later vanjaar aangewys sal word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





