Crime

Pyne saak weer uitgestel vir formele borgaansoek

Die volgende hofsitting is op 6 Augustus.

Jaén Lee Pyne (30), die verdagte in die skietvoorval wat op 3 Julie in Ueckermannstraat afgespeel het, het op 31 Julie weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn vir ‘n formele borgaansoek.

Tydens die voorval is Etienne du Preez (74) noodlottig gewond en Flip Minnaar (66) is beseer.

Pyne is op 8 Julie in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.

Hy staar aanklagte van moord asook poging tot moord in die gesig.

Beide die staat asook die verdediging het hul sake aan landdros Gerhard Strydom gestel met vertoë van die staat dat borg nie toegestaan word nie. Die verdediging het sterk klem daarop gelê dat in die lig van geregtigheid, borg wel aan Pyne toegestaan moet word.

Die saak is uitgestel vir die landdros om al die inligting te bestudeer en ‘n uitspraak te gee rakende die borgaansoek.

Die volgende hofsitting is op 6 Augustus.

Daar is in die hofaansoek wel bevestig dat verskeie beskermingsbevele teen Pyne gemaak is asook ‘n aanklag van aanranding wat tans op die hof se rol is.

Dit was Pyne se vierde hof verskyning.

LEES OOK: Jaén Lee Pyne doen formeel aansoek vir borg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button