Crime

Pyne kry regshulp

Payne sal weer op 19 Maart in die hof verskyn waar hy talle aanklagte teen hom in die gesig staar.

Jaén-Lee Pyne het op 18 Februarie weer in die Heidelberg Landdroshof verskyn.

Sy verskyning was vir die saak van aanranding en opsetlike saakbeskadiging wat sedert Januarie 2023 op die hofrol is.

Die saak is uitgestel tot 19 Maart, sodat Pyne se nuut aangestelde verteenwoordiger van Regshulp SA tyd kan kry om vir die hofsaak voor te brei.

Pyne sal op 19 Maart ook vir die ander sake teen hom voorkom.

Dit sluit in die beweerde moord op Etienne du Preez, beweerde poging tot moord van Flip Minnaar asook vir die saak waar die lyk van Musa Gumede in die voortuin van die huis waarin hy gebly het ontdek was.

Pyne bly in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button