Crime

Sekuriteitsbeampte en tuinier aangerand tydens inbraak by The Ranch

‘n Beloning van R5 000 word aangebied vir inligting wat tot die terugvind van die toerusting kan lei.

The Ranch, net buite Heidelberg, was op 17 Februarie die teiken van inbrekers.

Volgens inligting het die voorval tussen 03:00 en 03:30 op die perseel langs die R42 tussen Heidelberg en Meyerton plaasgevind.

Na bewering het vyf persone die perseel betree en ‘n sekuriteitsbeampte wat aan diens was, asook ‘n tuinier wat op die perseel gewoon het, oorval.

Albei is aangerand voordat hulle vasgebind is. Volgens inligting het die mans nie ernstige beserings opgedoen nie.

Die inbrekers het glo deur ’n deur in die dak toegang verkry en met hul uittog ‘n verdere deur oopgebreek. Hulle het klanktoerusting ter waarde van ongeveer R100 000 gesteel en daarna gevlug.

Die eienaar, Carlos Neto, het die voorval as ‘n groot terugslag beskryf.

“Dit is ‘n groot slag, aangesien klanktoerusting noodsaaklik is vir die geleenthede wat hier aangebied word,” het hy gesê.

‘n Beloning van R5 000 is intussen aangebied vir inligting wat kan lei tot die opsporing van die gesteelde toerusting.

Die saak is by Heidelberg SAPD aangemeld en word tans ondersoek.

Enigeen met inligting kan Carlos Neto by 082 387 9277 kontak, of Jonathan Neto by 060 327 5010, Lee Neto by 081 090 1353 of die Heidelberg SAPD.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Eugene Viljoen

I am a person who likes to learn everyday and the more you live the more you learn, I love photography as it tells a story that words can not express. I love sports journalism.

Related Articles

Back to top button