KidsLocal news
Laer Volkskool redenaars nie op die mond geval
Twee redenaars van die Laer Volkskool het aan die Oppi Tong Af Naionale kompetisie deelgeneem.
Twee leerders van die Laer Volkskool het onlangs aan die Oppie Tong Af, ‘n nasionale redenaarskompetisie by Akademia in Centurion deelgeneem.
Die kompetisie is gemik op Graad Een tot Graad 12 leerders en spanne om hulle vernuf te toets as top redenaars.
Suané Matthews (Graad Vyf) en Klarabelle Coetzee (Graad Twee) het deelgeneem.
Beide redenaars het hulself uitstekend van hulle taak gekwyt en gewys dat hulle vir niemand terugstaan nie.
Matthews het ‘n vierde plek los gepraat en Coetzee het ‘n tweede plek losgeslaan.




