Local news

Rensburg VLU vier 50 jaar

Die Rensburg VLU tak is in 1973 gestig en vier vanjaar hul halfeeu verjaarsdag.

Die Rensburg- tak van die Vroue Landbou-Unie het op 7 Februarie saam met gaste van so ver as Pretoria hul tak se 50ste bestaansjaar gevier.

Die verjaarsdagvieringe was by die NG Kerk Rensburg gehou.

“Dit maak ons as tak baie gelukkig om hier te kan wees om ons verjaarsdag te kan vier,” het die voorsitter, Marty Jerling gesê.

“Ons is bevoorreg om saam terug te kan kyk op 50 jaar se harde werk.”

Dominee Quinten Schimper van die NG Kerk Rensburg het die verjaarsdagverrigtinge geopen.

Barbara Nell (VLU Overvaal president) en Elize Coetzee (streekvoorsitter van die Goue Suide) het ook elkeen ‘n groete boodskap aan die tak oorgedra.

Rihané Hendrikz, ‘n Graad 10 leerder aan die Hoër Volkskool, begelei deur haar afrigter Thelbé Swartz het die gaste met ‘n sang item vermaak.

Die gasspreker was Magdie de Kock, president van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue.

“Dit is vir my ‘n voorreg om as gebore en getoë Heidelberger vandag die mylpaal saam met julle te kan vier,” het De Kock gesê.

“As ‘n mens terugkyk na die spore wat die Rensburg VLU vir die afgelope 50 jaar trap, kan jy sien dat die tak nie net ‘n merk in die gemeenskap los nie, maar die visie en missie van die VLU uitleef.”

De Kock meen die nalatenskap van die Rensburg VLU op die gemeenskap nie net duidelik is nie, maar ook positief.

“Ons kan dankbaar wees dat ons vandag terugkyk en ook ons voorgangers kan eer,” het De Kock gesê.

“Ons moet nou met nuwe ywer voortbeur dat ons nie vir die volgende geslag dit nalaat om minsaam te wees nie.”
Een van die tak se 1973 stigterslede, Betty van der Merwe, wat steeds deel is van die tak, was tydens die vergadering as ‘n eregas geëer.

Petra Basson, die Rensburg VLU kompetisie sekretaresse het ‘n oorkonde aan haar oorhandig.
Nadat die tesouriere, Elmarie Eygelaar die bedankings behartig het, is die 50 jare van samesyn gevier.

Lede van die Nigel VLU tak het ook die verjaarsdagvieringe bygewoon. Hulle is, Tonien Botha, Mabel van Staaden, Ronel Lombaard, Rina Murphy en Theresa Scholtz.
Bets Grobler, ‘n voormalige voorsitter van die Rensburg VLU tak saam met huidige voorsitter, Marty Jerling en Anja Jordaan, wat ook ‘n voormalige voorsitter van die tak is.
Stigterslid en huidige lid van die tak, Betty van der Merwe saam met voorsitter Marty Jerling en die eerste sekretaresse van die tak, Ans Jordaan.
Marty Jerling vra die gaste om ‘n glasie op die tak se verjaarsdag te klink.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button