Local newsSport
Nigeliete hengel om te kwalifiseer
Die drie hengelaars beoog om Nigel se naam hoog te hou tydens die kwalifiserende rondte.
Drie hengelaars van Nigel sal van 11 tot 17 Maart aan die kwalifiserende rondte vir die World Carp Classic South Africa deelneem.
Quintin Joubert, Pieter Nel en Shaun Bamford sal die dorp se naam hoog hou tydens die rondte wat by Roodekoppies sal plaasvind.
“Ons is baie opgewonde en kan nie wag om weer Nigel se naam hoog te hou nie,” sê Joubert.
“Enige ondersteuning van die gemeenskap sal waardeer word. Ons kort nog ‘n paar noodsaaklikhede vir die kompetisie en enige bydrae sal ‘n verskil maak.”
Diegene wat die drie hengelaars wil ondersteun kan vir Joubert by 073 395 5636 kontak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



