Skenking van rolstoel is groot hulp
Die doel van die van die rolstoel-projek is tweeledig.
Die SA Weermagvereniging (SAWV) se Eenheid Suikerbos het ‘n passie om behoeftiges in die gemeenskap te help.
Een van hulle projekte is ‘n rolstoel-projek wat die voorsitter van die veterane, Frik van Niekerk, na aan die hart lê.
‘n Besigheidseienaar van Heidelberg het van dié projek te hore gekom en besluit om ook sy deel by te dra.
Paul Stoltz van MPower Bearings het ‘n rolstoel gehad wat net rondgestaan het en hy het besluit om dit te skenk.
Stoltz het ook aangedui dat hy in die toekoms laers (bearings) sal skenk om sodoende te help met die restourasie van rolstoele.
“Ons is dankbaar dat ons al verskeie individue, wat ‘n rolstoel benodig, kon help,” het van Niekerk gesê.
“Die doel van die van die rolstoel-projek is tweeledig. Die rolstoel kan net vir ‘n tydperk geleen word om weer terug te besorg of wanneer iemand ‘n rolstel permanent nodig het sal ons ook kyk hoe ons kan help.
“Ons sal enige donasie van rolstoele verwelkom. Dit maak nie saak in watter toestand die stoel is nie. Selfs parte of gedeeltes van ‘n rolstoel is ook welkom.”
Frik van Niekerk kan by 079 220 5555 gekontak word.



