Local news

SAVF begin nuwe projek

Die Blikkies met 'n Drukkie projek het danksy die skole se samewerking genoeg kos vir byna twee maande ingesamel.

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) van Nigel het op 10 Maart ‘n nuwe projek, genaamd Blikkies met ‘n Drukkie van stapel gestuur.

Die projek is afgeskop in samewerking met Laerskool Tini Vorster en Hoërskool John Vorster.

Die bestuur van die SAVF het ingesamelde blikkies kos asook ‘n kontant skenking by elkeen van die skole op die dag ontvang.

“Ons as SAVF diensbestuur is dankbaar om te kan sê dat die projek ‘n sukses is,” sê Marlouise Engelbecht van die Nigel SAVF.

Johan Lourens, skoolhoof van Laerskool Tini Vorster saam met Ds Chris Engelbrect vir die skenking van die kontant donasie.

“Niebederfbare voedsel vir nagenoeg twee maande is deur die Rotary Interact Club leerders van Hoërskool John Vorster ingesamel.

“Ons spreek ons dank uit teenoor die barmhartigheid van die leerders en personeel.”

Laerskool Tini Vorster het ‘n kontant skenking aan die SAVF gegee om dié projek aan te vul.

Die Nigel SAVF beoog om ook ander projekte vir die res van die jaar aan te pak.

“Ons nooi Nigel se mense uit om ons met hierdie projekte te ondersteun deur die brei of insameling van kniekombersies, vingerlose handskoene en musse,” sê Engelbrecht.

Ds Chris Engelbrecht saam met Meisie Marais by die skenking van blikkieskos vir die Blikkies met ‘n Drukkie projek.

Diegene wat belangstel om betrokke te raak by die verskeie SAVF projekte kan hul skenkings op Donderdae en Vrydae by die NG Moedergemeente Nigel se kerksaal aan Meisie Marais oorhandig.

Alle skenkings moet voor 15 Junie om 09:00 afgelewer word of op 22 Junie by die skole gelaat word.

Vir meer inligting kontak Engelbrecht per WhatsApp op 072 114 0868 of e-pos by marliengel222@gmail.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button