Balfour hengelklub vang groot
Hengelaars het goed gevang tydens die maandelikse kompetisie.
Sowat 24 lede van die Balfour Hengelklub het op 4 Maart aan hul maandelikse klubkompetisie deelgeneem.
Die kompetisie was by Kees van der Walt langs die Vaaldam gehou.
Tydens die kompetisie was daar 375 vis met ‘n totale gewig van 128.676kg gevang.
Die wenners tydens die kompetisie was (plekke word van eerste tot derde aangedui):
Senior mans:
Jaco Nel met 50 vis wat 13.542kg geweeg het.
Dirk Roos het 32 vis (11.441kg) uit die water katrol.
Theunis Botha het 34 vis van 7.637kg uit die water getrek.
Vroue wenners:
Darell Roos het 15 vis met ‘n gewig van 3.494kg uit die water katrol.
Riette Dercksen het 11 vis (2.269kg) op die dag gevang.
Sonja Brits vyf vis (6.405kg) tydens die kompetisie gevang.
Junior wenners:
Arno Pretorius het 16 vis van 5.275kg gevang.
Anthony Muller het sewe vis van 1.482kg uit die water katrol.
Kallie Kriel met twee vis (0.853kg) het die derde plek verower.
Tydens die dag se kompetisie het Lukas Stoltz die swaarste karp (2.350kg) gevang.
Hennie Brits het die swaarste graskarp (4.326kg) uit die water katrol.
Jaco Nel het die swaarste moddervis (0.445kg) gevang.
James Walker het die swaarste baber (1.104kg) uit die water getrek en Darell Roos het met die swaarste geelvis (0.498kg) gespog.
Die tak se volgende kompetisie was op 31 Maart by Rooiwalle gehou. Die uitslae van die kompetsie sal binnekort volg.
Vir meer inligting oor die klub, of om aan te sluit, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir Jaco van der Merwe by 066 157 7848.



