Local newsSport

Berge sit segetog voort

Die volgende wedstryd is ‘n weg wedstryd op15 April teen Daveyton.

Heidelberg Rugbyklub het die afgelope naweek teen Vanderbijlpark in die Kestrel Liga gespeel.

Die wedstryd was op die Hoër Volkskool se veld gespeel.

Dit was ‘n herhaling van die 2022 finaal, waar Vanderbijlpark wraak wou neem teen Heidelberg, en waar Heidelberg as wenners van die Kestrel Beker aangewys is.

Heidelberg het met 46 -24 gewen.

Heidelberg het mooi hardlooprugby gespeel. In die laaste 20 minute het Heidelberg 22 punte aangeteken.

Die punte is as volg aangeteken:

Drieë: Janco van Tonder (1), Jaden Rossouw (1), Ryno Lategan (1), Armand Wessels (3) en Franco Strydom (1).

Doelskoppe: Roaan Viljoen (4) en Strafskoppe: Roaan Viljoen (1).

Vanderbijlpark het een geelkaart ontvang.

Die span was as volg: 15 Juanrich Dercksen, 14 JJ Snyders, 13 Franco Strydom, 12 Jason van Jaarsveld, 11 Armand Wessels, 10 Roaan Viljoen, 9 PJ du Toit, 8 Ryno Lategan, 7 Jaden Rossouw, 6 Janco van Tonder, 5 James Atterbury, 4 Ronald Rice, 3 Morné van der Sandt, 2 Jason Oberholzer, 1 Morné Human.

Reserwes: 16 Armand Malherbe, 17 Damian Muller, 18 Johan de Ru, 19 Jaco Venter, 20 Brennan Ryan, 21 Dylan Coetzee, 22 Jake Nathi en 23 Izak de Beer.

In die 2022 finaal het Heidelberg 40-16 gewen.

Die volgende wedstryd is op wegveld op 15 April teen Daveyton.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button