Nigel laat die punte inrol
Beide die eerste en tweede spanne het goeie wedstryde gespeel.
Nigel Rugbyklub het op 1 April teen VUT te staan gekom in die Merlin Beker reeks en ‘n weghol oorwinning aangeteken.
Nigel was veels te sterk vir VUT met ‘n eindtelling van 66–10.
Die eerste span se punte is as volg aangeteken:
Drieë: Reginald Thabethe (1), Thinus Fourie (2), Adriaan van Taak (1), Nico Colyn (1), Wimpie Raman (3), Junaide Seedat (1) en Morné Viljoen (1). Vervyfskoppe: Junaide Seedat (8). Man van die wedstryd was Adriaan van Taak.
Nigel se span vir die wedstryd was: 15 Junaide Seedat, 14 Wimpie Raman, 13 Johnny Holmner, 12 Jarico van Niekerk, 11 Sean Mtswani, 10 Ruan Nel, 9 Nico Colyn, 8 Marcelle Viljoen, 7 Frikkie Jansen, 6 Rudolph Prinsloo, 5 Khomotso Mokwele, 4 Adriaan van Taak, 3 Greg Da-Paiva, 2 Thinus Fourie, 1 Reginald Thabete.
Reserwes: Freedom Ngubeni, 17 Francois Jacobs, 18 Damian Smith, 19 Andile Shunge, 20 Morné Viljoen, 21 Craig Pienaar en 22 Simba Jange.
Die tweede span van Nigel was het ook ‘n goeie dag op de veld beleef.
Hulle met 42–3 gewen.
Die punte was as volg aangeteken:
Drieë: Hansie Rudolph (3), Simphiwe Jange (1), Tendai Magwai (1) en Andile Shange (1). Doelskoppe: Simphiwe Jange (5) en Tendai Magwai (1).
Man van die wedstryd was Hansie Rudolph.
Nigel se volgende wedstryd is op 15 April tuis teen Meyerton Rugby Klub.



