Local newsSport

Volkskool netbal spanne vaar uitstekend

Die o15 span het met uitstekende spel 'n algehele derde plek behaal.

Netbalspelers van die Hoër Volkskool het onlangs aan die Afrikaans Meisies Hoër se prestige netbaltoernooi deelgeneem.

Daar was altesaam 18 skole wat aan die toernooi, in die verskillende ouderdomsgroepe, deelgeneem het.

Die Volkskool se o15 netbalspan het veral besonder goed gevaar en het algeheel derde geëindig.

Arné van Tonder (van die o15 span) is as die beste verdedigende speler van die toernooi aangewys.

Die o17 span het vyfde in hul ouderdomsgroep klaar gemaak.

Arné van Tonder is as die beste verdedigende speler van die toernooi aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button