Local news

Veediewe aangekeer

Inligting lei tot opsporing van gesteelde beeste

Ratanda Local Safety Forum, tesame met AfriForum in Heidelberg het op 8 April inligting ontvang van veediefstal in die Heidelberg omgewing.

Die twee wetstoepassingsgroepe het saamgewerk. Sewe beeste was ongeveer 30km van waar hulle aangehou was, opgespoor.

Die beeste was deur die brandmerke wat op hulle is geïdentifiseer.

Die SAPD se veediefstaleenheid is oor die voorval in kennis gestel en het self die toneel besoek.
Een verdagte is in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

In ‘n ander voorval, op 8 April, het Ratanda Local Safety Forum gesteelde skape in die Ratanda omgewing opgespoor.

Nog ‘n verdagte is in hegtenis geneem en aan die Ratanda SAPS oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button