Die Super Stappers Karel Smit (heel agter), Cheryl Smit, Zané Jooste, Twané du Preez, Andia Smit en Sophia Smit het hulle stapskoene aangetrek vir dié goeie doel.
Met die Afrikaanse Bybel wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar vier, het die AP Kerk-Nigel op 9 September weer hul jaarlikse Stap vir Bybels aangebied.
Vanjaar is die sewende jaar wat die kerk die staptog aanbied om geld in te samel vir Bybelverspreiding.
Wessel en Susan van Rooyen met die medaljes wat hulle ontvang het.
“Die staptog het baie gegroei vandat dit begin het,” het Ds Jacques Boonzaier van die AP Kerk gesê.
Elena Neytchev en Aneska Johnsten.
“Ons het vanjaar die meeste stappers ooit gehad en glo dat ons selfs meer ondersteuning volgende jaar sal kry,” het se Boonzaier gesê.
Dominee Frans Ras van die Hervormde Kerk-Nigel saam met Johan Fourie het die oggend geniet.
Sowat 208 stappers het Saterdag gestap en elke stapper wat aan die 5km of 1km staproete deelgeneem het ‘n medalje ontvang.
Rosey Bloemhof (agter), Magda Strauss en Carla Strauss van Liefieland Babaskool het die staptog saam met Nicolas Strauss, Caleb Strauss en Israel Strauss aangepak.
Die fondse wat ingesamel is, word aan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika oorhandig.
Griet Esterhuizen, Susan Nel en Elizma Meyer het die oggend geniet.Amanda Meadon, Alet Maritz en Tanya Shackleton het die Stap vir Bybels met gees aangepak.Annetjie van der Merwe saam het haar man Lukas het die oggend se stap geniet.Christo Schaumyn, Bernadine Vermaak en Ignus Vermaak het saam met die honde, Madlie en Luna het die stap geniet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!