Laer Volkskool leerders het tydens die onlangse skoolvakansie die skool se naam hoog gehou.
Sewe leerders het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende kunste deelgeneem.
Die leerders wat opgeneem is om die Suid-Afrikaanse span wat in 2024 die nasionale span sal verteenwoordig is:
Megan Marais (Graad Sewe), Chanté Krugel (Graad Ses), Mieke Cilliers (Graad Ses), Liam Bezuidenhout (Graad Ses), Kathinka de Vries (Graad Drie), Lilly-Anne Potgieter (Graad Drie) en Carli Kruger (Graad Twee).
Hierdie leerders het altesaam 67 medaljes by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe opgeraap.
Landloop:
Adriaan Coetzee en Christiaan Lewis het op 30 September aan die Suid-Afrikaanse Landloop Kampioenskappe deelgeneem.
Christiaan Coetzee (seuns o10) het ‘n derde plek losgehardloop en Adriaan Lewis (seuns o12) was negende.
Coetzee en Lewis het elkeen ‘n goue spanmedalje ontvang as deel van die Gauteng span wat die seuns o10 en seuns o12 afdelings gewen het.





