Balfour Gekombineerde Skool het onlangs hul revue, Dans in Afrikaans aangebied.
Deelnemers aan die twee-uur lange energiebelaaide revue het maande geoefen om al hul passies perfek te kry.
Volgens Judith Sides van Balfour Gekombineerde Skool het die kostuumwisseling blitsig plaasgevind en was die choreografie uitstekend met nie een kind uit sy of haar plek nie.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



