Nigel VLU geniet gesellige afsluiting
Die tak se eerste vergadering van 2024 sal op 11 Januarie plaasvind.
Lede van die Nigel VLU het op 9 November hul jaarafsluiting by die Bossa restaurant in die dorp geniet.
Anna-Marie Axer, die tak voorsitter het die lede bedank vir hulle harde werk gedurende die jaar.

“Dankie vir elkeen van julle se ondersteuning met al die take wat ons deur die jaar aangepak het,” het Axer bygevoeg.
Die tak sal egter nog op 1 Desember die VLU Goudrifstreek se afsluiting by die NG Kerk-Oos in die dorp behartig.

Na die feestyd sal die tak weer bymekaar kom vir hul eerste vergadering van 2024 op 11 Januarie.
“Ons as die tak se bestuur wens vir elke lid, vriende en families ‘n vreugdevolle Christusfees en voorspoed vir 2024 toe,” het Axer mee afgesluit.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit, kontak Axer by 082 886 2002 of vir Elsa Greyling by 083 703 1763.



