Heigel Fotoklub het die wenners van hul November kompetisie aangewys tydens ‘n vergadering wat op 15 November gehou is.
Dié vergadering was ook die laaste samekoms vir 2023.
Heigel Fotoklub voorsitter, Francois van Jaarsveld het tydens die geleentheid al die lede wat foto’s gedurende die jaar ingeskryf het, bedank.

“Die kwaliteit van die inskrywings word by die dag beter,” het hy bygevoeg.
November se voorgeskrewe onderwerp was sonsopkoms/ondergang in kleur.
Die algehele tema wenfoto was Sonsopkoms by Krokodilbrug deur Hannelie Jacobs.

Die beste algehele wenfoto was Kolgans met Kleintjies wat deur Dawie de Villiers vasgevang is en die beste junior foto wenner, getiteld Kom julle nie saam nie? is deur Andrew Watts geneem.
Heigel Fotoklub kom weer op 10 Januarie 2024 bymekaar.
Belangstellendes kan van Jaarsveld by 083 659 9657 kontak.



