Local newsSchools

Laerskool AG Visser beloon harde werk

Dié leerders het toekennings ontvang vir hul prestasies gedurende die jaar.

Die Laerskool AG Visser se top presteerders in sport, kultuur sowel as akademie vir 2023 is onlangs aangewys.

Die wenners is as volg:

Mieke Coetzee-Olivier (tweede-hoogste punte in kultuur); Nethan Nel (tweede-hoogste punte vir kultuur vir juniors); Marnitz Rabie (top junior redenaar asook die junior met die meeste punte vir kultuur); Mieka Rabie (ATKV skild vir die leerder wat die hoogste punte in kultuur verower het, senior redenaar in Engels en beste senior redenaar); Mieka Rabie en Mieke Coetzee-Olivier (deel die trofee vir veelsydigste deelname aan Eisteddfods); Melaney Pruis (meisie landloop atleet van die jaar, graad sewe Dux leerder en bittereinder entrepreneur van die jaar); Chantelize Pruis (beste meisie atleet, sport meisie van die jaar en netbalspeler van die jaar); Siphesihle Sigasa (rugbyspeler van die jaar); Zackary Potgieter (Vissielander van die jaar); Yvonne Buys (mees ontluikende netbalspeler van die jaar); Shadette Botha (skaakspeler van die jaar asook algehele beste skaakspeler); Leon Liebenberg (beste posisionele rugbyspeler en sportseun van die jaar); Keenan Wilcocks (landloop seuns atleet van die jaar); Dylan de Bruyn (krieketspeler van die jaar); Logan van der Merwe (veldwerker van die jaar); Zian Muller (junior Victor Ludorum); Jordan van den Berg en Mynhardt Theunissen (deel die toekenning vir beste seuns atleet van die jaar).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button