Dansers skitter by jaareindkonsert
'n Groot groep dansers het aan Rene's Art of Dance dansskool jaareinde konsert deelgeneem.
Sowat 180 dansers van die Rene’s Art of Dance skool het op 18 November aan die dansskool se jaareindkonsert deelgeneem.
Die konsert, O Liewe Jinne, was by die Endeo Family Church in Benoni gehou.

“Dit was ‘n groot sukses,” het afrigter René McGeer gesê.
“Gedurende die middag was daar ‘n kleuterkonsert, waarna die Graad Een en ouer dansers hul beurt op die verhoog gehad het.

“Dit was ook by dié konsert waar klein Dirco Jansen van Niewenhuizen (Klein Kwagga) gedurende pouse saam met ander kinders in die gehoor op Lyfie van Bernice West gedans het.
“Die dansers het almal so mooi gelyk en die ouers het die konsert baie geniet,” het McGeer gesê.





