Die bestuur van die Heidelberg Rolbalkub het die volgende boodskap met lesers gedeel.
Dit is weer hierdie tyd van die jaar wat ons regmaak om na te dink oor die jaar wat einde se kant toe staan.
Die jaar het ons baie opwinding, hoogtepunte en ja, ook laagtepunte beleef.
Ons sien uit na 2024 en wat dit vir ons gaan voorhou. Die grootste geskenk wat Kersfees kan bied is om tyd saam met familie en vriende deur te bring.
Die jaar wat verby is was ‘n uiters goeie jaar vir Heidelberg Rolbalklub.
Ons het nuwe lede bygekry maar ongelukkig ook lede aan die dood afgestaan.
Verskeie suksesvolle byeenkomste het ook by ons plaasgevind. Ons kan met gemak sê dat ons almal voel soos ‘n familie wat daagliks groei.
Ons wens vir die Kersfees is dat dit ‘n spesiale tyd van die jaar vir almal vreugdevol sal wees en mag elkeen al die liefde, hoop en vrede ervaar wat hierdie Kerstyd bied.
Geseënde Kersfees en vrede aan almal en ‘n voorspoedige 2024 vir elke leser.



