Local newsSchools

Die klok lui vir die nuwe skooljaar

Die tema vir 2024 is 'Kyk jy om te sien of kyk jy om te dien'.

Skoliere van Die Laerskool AG Visser is op 17 Januarie verwelkom vir die eerste skooldag van 2024.

Laerskool AG Visser se skoolhoof, Selma Marx het tydens haar toespraak uitgebrei oor die tema van die jaar ‘Kyk jy om te sien of kyk jy om te dien’.

“Om suksesvol te wees kyk meer met jou geestesoog en met jou hart’” het Marx gesê.

“Kyk na die innerlike en vergeet van die uiterlike. Doen iets vir iemand sonder om iets terug te verwag. Wees altyd reg om ander te help. Leef jou waardes en moet nie daarvan afwyk nie,” was haar raad aan die leerders.

Laerskool AG Visser se hoofleiers het ook elkeen ‘n boodskap gegee.

“Begin jou eie Vissie reis en maak jou eie skatkis van herinneringe. Takel jou uitdagings met alles wat hy het,” het die hoofdogter Mieka Rabie gesê.

“Ons almal as AG Visser leerders het sterk bande met die onderwysers en leiers,” het die hoofseun, Mattheo Res op sy beurt gesê.

“Wees ‘n voorbeeld vir ander om na te volg. Onthou ook enige mislukking wat jy mag ervaar is ‘n geleentheid om oor te begin,” het hy bygevoeg.

Na die verwelkoming het elke nuwe leerder, wat vir die eerste dag by Laerskool AG Visser aangemeld het, die langstaande tradisie laat voortleef waar hulle ‘n klok lui om hulle skoolloopbaan aan te kondig.

Die volgende keer wat die klok gelui sal word is wanneer die Graad Sewes klaarmaak met hul laerskoolloopbaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button