Die begin van die skooljaar by Hoërskool John Vorster.
Een keer is om die Graad Agts aan die begin van die nuwe skool jaar te laat binnegaan en amptelik te verwelkom en dan weer aan die einde van die jaar om vir die matrieks, wat klaar is met hul skool loopbaan, te groet.
Terwyl die leerlingraad ‘n erewag gevorm het, het die skool se nuwe Graad Agt leerders gretig by die hek gestaan om op die maat van die skoollied deur die hek in te stap.
Rohan van Dyk het gesê hy is effens senuweeagtig want hy weet nie wat om te verwag nie maar sien baie uit na sy hoërskool loopbaan.
Leah Strydom glimlag breed. Sy sien baie uit om haar hoërskool loopbaan by Hoërskool John Vorster te begin.
Die skoolhoof, Jan Nienaber, het aan die Heraut vertel vanjaar is 815 leerders by die skool ingeskryf.
Met die uitslae van die 2023 matriekeksamen wat Vrydag bekend gemaak is, het die Heraut weer die skool besoek en Nienaber het trots vertel dat die skool spog met ‘n 100% slaagsyfer.
“Ons leuse van ‘Volhard en oorwin’ is die grondslag waarop ons leerders onderrig en so seker maak elkeen bereik sy volle potensiaal,” het Nienaber gesê.
Die hoofleiers Johané Grobler en Harold van der Merwe sê hulle is positief vir die jaar wat voorlê en entoesiasties om deel te wees van veranderinge wat die jaar gaan bring.
AJ Cronje spog met agt onderskeidings. Hy staan by die akademiese prestasie bord en wys na Charl Pretorius wat in 2004 agt onderskeidings behaal het. Pretorius is ‘n dosent by die NWK Potchefstroom waar Cronje ingenieurswese gaan studeer.
Die nuwe Graad Agt leerders van die Hoërskool John Vorster stap deur die skool se groot hek op die maat van die skoollied. DIt is 'n tradisie by die skool om die Graad Agts so amptelik te verwelkom.
“Ons onderwysers het ‘n passie vir elke kind en dra by tot die kinders se sukses.
”Ons is trots op die matrieks van 2023 se uitslae en wens elkeen net voorspoed en sukses toe met die nuwe hoofstuk van hul lewe,” het Nienaber gesê.
Jan Nienaber, skoolhoof, by Megan Bezuidenhout wat geslaag het met ‘n universiteitsvrystelling en hoop om op die Rovos Rail luukse trein te gaan werk.
Perpetual Mungofa en Babalwa Kubheka wys trots hul matriekuitslae. Altwee kwalifiseer vir universiteitsvrystelling. Kubheka gaan maatskaplike werk studeer.
Jan Nienaber (skoolhoof), staan by Marlize van Rooyen en haar ma Susan. Marlize het ses onderskeidings behaal in haar 2023 matriekeksamen en gaan verpleegkunde studeer aan die Universiteit van Johannesburg.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.