Xander Zdara (vier onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Die lang gewag vir die matriekuitslae was Vrydag uiteindelik verby en die 2023 matriekklas van die Hoër Volkskool het beslis nie teleurgestel nie.
Die matrikulante het ‘n slaagsyfer van 99.2% aangeteken.
“Ons matriekklas van 2023 kan baie trots op hulself wees. Harde werk is ingesit en die vrugte is gepluk,” het die hoof van die skool, Sias Botha gesê.
Agt leerders van die skool het elk vier onderskeidings behaal, vier leerders het vyf onderskeidings behaal, twee leerders spog met ses onderskeidings en ses leerders kon daarin slaag om elk sewe onderskeidings los te skryf.
Die presteerders is:
• Sewe onderskeidings: Petrie Everson, Liané Grundling, Carli Hancke, Simoné Moll, Dené Pieters en André Sprong.
• Ses onderskeidings: Veruschke Duvengahe en Jessica Swarts.
• Vyf onderskeidings: Suaté Pretorius, Lianthe Schultz, Anjo Swart en Marli van Tonder.
• Vier onderskeidings: Lizaan Botha, Linné Crafford, Dian le Grange, Bongiwe Mcombolo, Johannes Potgieter, Monique van ser Grijp en Xander Zdara.
Linné Crafford (vier onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Anjo Swart (vyf onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Liané Grundlinh (sewe onderskeidings) en Mr Sias Botha (Volkskool se skoolhoof).
Lianthe Schultz (vyf onderskeidings) en Sias Botha (Volkskool se skoolhoof).
Marli van Tonder (vyf onderskeidings) en Sias Both, Volkskool se skoolhoof.
Petrie Everson (sewe onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Dian le Grange (vier onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
André Sprong (sewe onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Carli Hancke (sewe onderskeidings) en Eugenie Potgieter, Volkskool se adjunkhoof.
Dené Pieters (sewe onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Simoné Moll (sewe onderskeidings) en Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
Verushke Duvenhage (ses onderskeidings) staan trots saam met Sias Botha, Volkskool se skoolhoof.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!