Local newsSport

Ability Academy skopboksers haal Ekurhuleni-span

Die Nasionale Skopboks Kampioenskappe, vind van 25-28 April in Potchefstroom plaas.

Vier studente van die Ability Academy, Heidelberg, is vir die Ekurhuleni Skopbok-span gekies.

Dit volg nadat Esmerelda Zeilinga, Wian Potgieter, Divan Potgieter en Stefan Fourie op 3 Februarie aan die skopboks proewe te Brakpan Binnenshuise Sportsentrum deelgeneem het.

Dié vier skopboksers gaan op 24 Februarie aan die Gauteng Kampioenskappe by die John Barrable [U1] saal in Benoni deelneem.

Na afloop van die kampioenskappe sal die Gauteng-span gekies word om aan die Nasionale Skopboks Kampioenskappe, wat van 25 tot 28 April in Potchefstroom plaasvind, deel te neem.

Ability Academy se afrigter Stefan Pretorius het sy tevredenheid oor die studente se insluiting in die span uitgespreek.

“Harde werk en baie opoffering het vrugte afgewerp. Dit verg baie toewyding om sukses te behaal en ek sien hoe elkeen met elke oefening net die beste insit,” het Pretorius gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button