Drie Ability Academy skopboksers haal Gauteng span
Wian Potgieter moes onttrek weens ‘n besering.
Drie studente van die Ability Academy Heidelberg het op 24 Februarie aan die Gauteng Skopboks Kampioenskap in Benoni deelgeneem.
Die kampioenskap het in die John Barrable saal plaasgevind.
Die studente wat deelgeneem het was Divan Potgieter, Stefan Fourie en Esmerelda Zelinga.
Divan is derde in ‘light continues’ en vierde in ‘kicklight’ kategorieë geplaas.
Stefan het geseëvier in ‘kicklight’, het ‘n tweede behaal in semi-kontak en was tweede in die ‘light continues’ kategorie.
Esmerelda was tweede in die semi-kontak kategorie en derde in die ‘light continues’ kategorie.
Hierdie prestasies het daartoe gelei dat dié drie skopboksers gekies is om die Gauteng Skopboks span te verteenwoordig.
Dié span gaan van 25 tot 28 April aan die Nasionale Skopboks Kampioenskap in Potchefstroom deelneem.
Wian Potgieter, was ook gekies om aan die Gauteng Skopboks Kampioenskap deel te neem maar moes onttrek weens ‘n besering.