Local news

Volkies atlete stoomroller voort

Die atlete het rekords verbeter tydens die byeenkoms.

Verskeie atlete van die Laer Volkskool het onlangs met groot sukses aan die D7 Atletiekkampioenskappe deelgeneem.

Drie atlete het ook rekords verbeter. Hulle is Kaspian Rooseboom wie (o12) hoogspring van 1.47m verbeter het na 1.53m, Hayley Prins (o10) verspring van 3.82m verbeter na 4.02m en Adriaan Coetzee (o13) 1500m van 4:54.00 verbeter na 4:36.96.

Die Volkskool se atlete het 10 eerste plekke, 10 tweede plekke, nege derde plekke, 11 vierde plekke, twee vyfde plekke en vier sesde plekke behaal.

Die uitslae was: o8:

Annabelle Malan 80m (tweede); o9: Sebastian Martin 60m (tweede); o10: Hayley Prins verspring (eerste) en 70m hekkies (tweede); o11: Eduard Oosthuizen 70m hekkies (eerste); Christiaan Lewis 1 200m (eerste); o12: Stefan Swanepoel 150m hekkies (tweede) en 150m (eerste); Wian Gildenhuys gewigstoot (tweede) en spiesgooi (tweede); Corlia Greyling 75m hekkies (tweede) en verspring (eerste); o13: Skyla Simon hoogspring (eerste); Milan Vorster hoogspring (tweede); Adriaan Coetzee 1 500m (eerste) en 800m (tweede); Kaspian Rooseboom hoogspring (eerste); en Leyna Strassburg 75m hekkies (eerste).

Die volgende byeenkoms is die Gauteng Atletiekkampioenskappe wat op 8 en 9 Maart plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button