Local newsSport

Rugbydag lewer kookwater rugby op

Aanskoulike wedstryde het die skare laat saam praat.

Nigel Rugbyklub het op 2 Maart ‘n aanskoulike rugbydag aangebied.

Die wedstryde was op John Vorster Stadion sowel as Hoërskool John Vorster se rugbyvelde gespeel.

Die spanne wat deelgeneem het was:

Nigel (twee spanne), Phoenix (twee spanne), Bethal, Heidelberg (twee spanne) Impala (twee spanne ), Impala, Boksburg (drie spanne), Elsburg, Witbank, Benoni ( drie spanne), Brakpan (drie spanne), Meyerton (twee spanne), Bronkhorstspruit (twee spanne), Suikerbos Jeug span en Tini Vorster Laerskool.

Roaan Viljoen maak gereed op pale toe te skop.

Heidelberg Rugbyklub se tweede span het teen Edenvale op Hoërskool John Vorster se veld gespeel.
Heidelberg moes ongelukkig die knie buig en het 21 – 19 verloor.

Heidelberg se eerste span het teen Bethal te staan gekom en moes die aftog in die laaste paar minute blaas. Die eindtelling was Heidelberg 22 – Bethal 29.

Heidelberg was kompeterend en mededingend op alle gebiede en het gewys dat hulle die jaar met mening wil speel.

Nigel se tweede span hardloop met die bal.

Die klub speel die jaar in die Merlin liga en beide spanne is besig om hulself te slyp vir die sterker ligas.
Nigel se tweede span het teen Phoenix se eerste span te staan gekom.

Die eindtelling Nigel 10- Phoenix 17. Nigel (twee) het in hul wedstryd in die laaste paar minute hul voorsprong prys gegee, en ongelukkig kon hul nie verdere punte aanteken nie.

Nigel se eerste span het op hulle beurt teen Bronkhorstspruit se eerste span te staan gekom in die finale wedstryd van die dag.

Nico Colyn duik oor vir sy drie vir Nigel se eerste span teen Bronkhorstspruit.

Die span het ‘n weghol oorwinning van 56 – 5 behaal.

Nigel het die hele wedstryd gewys hoe hardlooprugby en verdediging goed saam werk.

Nigel se eerste en tweede spanne is reg vir wanneer die Merlin liga in erns begin en wil die jaar weer hulself laat geld.

Nigel se tweede span beur vorentoe.

Die ander uitslae is as volg: Impala (o21) 15 – Boksburg (o21) 15; Elsburg 22 – Witbank 3. Benoni (eerste span) 0 – Brakpan (Groen) 41; Meyerton (eerste span ) 10 – Brakpan 14; Brakpan (o21) 42 – Meyerton (tweede span) 3;

Bronkhorstspruit (tweede span) 5 – Benoni (derde span ) 35, Kriel 7 – Phoenix (tweede span) 7 en Boksburg (tweede span) 5 – Benoni (tweede span) 55.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button