Local news

Sorgsentrum is ‘n veilige hawe vir vele

Die lede geniet dit om buite te sit en een van die sentrum se behoeftes is om ‘n afdak op te sit en gras te plant.

Christine Kruger het in 2007 haar roeping van die Here afgekry om na die engele op aarde om te sien en Masincedane, werk- en sorgsentrum vir die erg verstandelike en/of fisiese volwasse gestremdes in Heidelberg te stig.

Daar is tans 20 lede by die sentrum wat daagliks met liefde en deernis ontvang word. Die sentrum ontvang geen subsidies vanaf die regering nie en maak staat op skenkings.

“Dit is vir my ‘n groot voorreg om na hierdie engele op aarde om te sien,” het Christine vertel.

Hannelie Swart is al vir die afgelope 14 jaar betrokke by die sentrum.

Marie Botha wat onlangs by die sentrum begin het staan agter by Zuzile Sikhosana en Sylvia Billings.

“Ek kom nie om te werk nie, ek kom om liefde te ontvang. Elkeen by die sentrum is kosbaar en hulle hou my nederig,” het sy vertel.

Marie Botha wat pas by die sentrum aangesluit het, het ook vertel van die onbaatsugtige liefde wat sy daagliks ervaar.

Die sentrum het dringende herstelwerk nodig. Dié wat in rolstoele is sukkel tans om by die rolstoeloprit op te kom en die gras wat baie ongelyk is, veroorsaak dat die rolstoele omtuimel.

Die vloeroppervlak in die sentrum is net so ongelyk as gevolg van teëls wat gebreek het.

Lizemore Laubscher is blind. Sy is baie lief vir oorbelle. Sy is een van ‘n drieling en haar broer is saam met haar by die sentrum.

Die lede geniet dit om buite te sit en een van die sentrum se behoeftes is om ‘n afdak op te sit en gras te plant.
Ons ervaar hierdie engele daagliks met hulle breë glimlagte, harte vol liefde en kyk verby hulle tekortkominge na hul wese en siel om met elkeen op ‘n dieper vlak te kommunikeer.

“Dit sal vir ons ‘n eer wees om die opknappingswerk te kan doen. Hulle is tevrede met min maar gee vir ons so baie,” het Christine gesê.

Lede van die gemeenskap wat wil betrokke raak by die sentrum kan vir Christine kontak by 083 468 3358.

Masincedane Sorgsentrum het dringende herstelwerk nodig, veral vir die vloeroppervlak en rolstoel oprit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button