Kinders leer om self te plant
Vissies Pre-Primêr asook HETS Dagsorg het onlangs PlantSelf-plantkoepels van Solidariteit Helpende Hand ontvang.

Heidelberg en Nigel se takke van Solidariteit Helpende Hand is tans besig met ‘n PlantSelf-projek in die gemeenskap.
Solidariteit se doelwit met die projek is om die gemeenskap te aktiveer om selfonderhoudend te wees.

“Helpende Hand fokus op die holistiese welstand van kwesbare groepe,” het Helpende Hand se streekorganiseerder, Mariolette Vorster verduidelik.
“Die PlantSelf-projek fokus nie net op die fisiese voordele van plant nie, dit verander jou uitkyk op die lewe. Dit is die eerste tree na selftrots, geestelike groei en menswaardigheid.

“Dit bemagtig jou en gee jou hoop, want jy het iets om na te streef, het Vorster bygevoeg.
“Deur die PlantSelf-projek wil ons gemeenskappe aanspoor om selfonderhoudend te wees,” het Nico Janse van Vuuren, die voorsitter van die Nigel-tak gesê.

“Dit stel mense in staat om hul eie groente, vrugte en kruie te plant en te oes en so geld te spaar en ekonomies onafhanklik te kan wees,” het hy bygevoeg.
Vissies Pre-Primêr asook HETS Dagsorg het onlangs PlantSelf-plantkoepels van Solidariteit Helpende Hand ontvang.
