Suikerbos Aftreeoord inwoners kry spesiale besoekers
Die inwoners het die interaksie met die honde en perdjie baie geniet.
Die Suikerbos Aftreeoord was die afgelope tyd in rep en roer.
Die sanger, Piet Smit, het die inwoners en gaste onlangs by die oord getrakteer met sang en Woord.
Smit het menige van sy bekende sangstukke gesing en almal het die vertoning terdeë geniet.
Op 13 Maart het inwoners die geleentheid gekry om met ongewone kuiergaste te verkeer.
Drie honde van die Heidelberg Dierebeskermingsvereniging (Floyd, Killer en Toffie) asook ‘n miniatuur perd (Joey) het vir groot opwinding gesorg.
Die perd is deur Cheryl Burgess van Tree Trust Agri Co (Silveroaks) na die oord geneem.
Die inwoners het die interaksie met die diere geweldig geniet.
Een van hulle, Pieter Visser kon nie uitgepraat raak oor Joey nie.
“Dit is die eerste keer dat ek aan enige ander dier, benewens ‘n hond of ‘n kat raak en dit was baie spesiaal,” het Pieter gesê.