Local news

AfriForum wil Nigel-tak op die been bring

Die forum is daar om die gemeenskapstakke in die Oos-Rand te ondersteun.

AfriForum bied ‘n verskeidenheid opleiding aan buurtwagte, van basiese vlak tot meer gevorderde vlakke en met die oog hierop is ‘n Oos-Rand Steunkring Donderdag, 14 Maart gestig.

Hierdie forum stel takbesture in die Oos-Rand in staat om mekaar te ondersteun en hulpbronne te deel in geval van noodsituasies.

Die forum is daar om die gemeenskapstakke in die Oos-Rand, insluitend Springs, Benoni, Brakpan, Alberton, Boksburg, Kempton Park, Edenvale en Germiston, te ondersteun in geval van onluste of dreigende situasies, soos die ontploffing van ‘n vragmotor met brandstof, soos wat ‘n jaar gelede in Boksburg plaasgevind het.

AfriForum beoog om dieselfde diens te lewer aan die Nigel gemeenskap en is tans besig om die AfriForum Nigel-tak van die grond af te begin.

Kamera netwerke wat takke installeer in die Oos-Rand om dienste te lewer vir gemeenskaps veiligheid.

“Ons het ‘n paar mense in Nigel gekontak om ‘n gemeenskap-tak die lig te laat sien, maar dit was net ‘n paar individue,” het Jurie Ferreira van AfriForum se Oosstreek gesê. “

“Ons wil die gemeenskap van Nigel aanmoedig om betrokke te raak en ons te kontak.”

AfriForum Oos-Rand bied ook geakkrediteerde hommeltuig opleiding aan, sowel as vir ANPR-kameras wat vir buurtwagte proaktiewe inligting gee om gemeenskappe te bemagtig in die stryd teen misdaad.

“Ons nooi enige besighede of individue binne die gemeenskap om betrokke te raak,” het Ferreira gesê.

Vir meer inligting of om aan te sluit kan Jurie Ferreira by 081 217 8579 gekontak word.

Landlike patrollie motorfietse en vuurvegter sleepwa’s wat Afriforum takke aanskaf in die Oos-Rand om dienste te lewer vir die gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button