Die harde werk van die Heidelberg Hope groep asook ander groepe, besighede en indiwidue is besig om vrugte af te werp.
Dit het ook daartoe bygedra dat Heidelberg aangewys is as een van die drie Gauteng semi-finaliste van die televisieprogram Kwêla se Dorp van die Jaar kompetisie.
Die groep het Donderdag op Menseregtedag moue opgerol en die gefokus op die taxi staanplek in Voortrekkerstraat. Oud en jonk het opgedaag om die gebied skoon te maak.
Die stroom langs die staanplek wat besaai is met papiere, bottels, gebreekte glas en ander rommel is onder andere aangepak.
Die publiek en besighede kan op verskeie maniere betrokke raak by die skoonmaakaksie van die dorp.
• Gee van jou tyd om te help met die skoonmaak projekte.
• Skenk items en dienste wat in lyn is met wat benodig word.
• Neem verantwoordelikheid om die strate en sypaadjies in jou woonbuurt op te knap.
• Maak ‘n maandelikse skenking of eenmalige betaling aan Heidelberg Hope.
Vir meer inligting skakel 066 492-1337, of stuur ‘n e-pos na info@heidelberghope.co.za of besoek die webtuiste.