Local newsSchools

Atlete vaar goed by SA’s

Die atlete het die vrugte van hul harde werk gepluk.

Die drie atlete van die Laer Volkskool wat aan die onlangse SA Laerskole Atletiekkampioenskappe in Polokwane deelgeneem het, het al drie onder die top 10 in hulle items geëindig.

Christiaan Lewis het ‘n silwer medalje los gehardloop in die seuns o11 1 200m. Sy tyd was 3:39:42.

Adriaan Coetzee het ‘n sesde plek behaal in die seuns o13 1 500m. Adriaan se tyd was 4:26:90.

Christiaan Lewis en Adriaan Coetzee.

Kaspian Rooseboom het ‘n sewende plek losgespring in die seuns o12 hoogspring met ‘n hoogte van 1:53m.

Related Articles

 
Back to top button