Local newsSport

Berge veg terug teen ERU

Gemengde welslae vir Heidelberg Rugbyklub.

Heidelberg Rugbyklub het hulle eerste wedstryd in die Presidentsliga op 6 April teen East Rand United in Boksburg gespeel.

Heidelberg eerstes het met 20-15 teen ERU verloor.

Die span het ook vir die eerste keer met hulle nuwe truie gespeel.

“Ons moes noodgedwonge ons span verander as gevolg van verskeie spelers wat nie beskikbaar was nie en dit het ons ietwat gekortwiek,” het Jaco van Rensburg, Heidelberg se afrigter gesê.

In die eerste helfte het ERU die botoon gevoer en het 20-5 voorgeloop.

Berge het in die tweede helfte verbete teruggeveg en as al hulle skoppe pale toe in punte omskep was, kon die eindtelling anders gelyk het.

Daar was ook twee geelkaarte in die wedstryd uitgedeel.

Heidelberg se tweede span het op hulle beurt die ERU tweedes 30-10 afgeransel.

Heidelberg speel hulle volgende wedstryd op 13 April teen Elsburg op die Hoër Volkskool veld.

Die Merlinliga skop direk na die afloop van die Predidentsliga bepalings af.

Heidelberg Rugbyklub se eerste span.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button