Local newsSport
Damduikers maak weer nette vol
Dié visvanggroep se vorige kompetisie was in Februarie by Vaaldam Boschkop en was deur Nigel Mica geborg.

Die Damduikers Hengelklub sien daarna uit om die nette vol te maak met hul volgende kompetisie wat op 28 April by Bloemhof sal plaasvind.
Die hengelklub se vorige kompetisie was in Februarie by Vaaldam Boschkop en was deur Nigel Mica geborg.
Die wenner van die kompetisie was Dawid Swarts met 23 visse; Lemoin Smit met 12 visse het ‘n tweede plek behaal en die derde plek het aan Aldo Clements behoort.
“Ons sien uit na ‘n wonderlike tyd langs die water en ons hoop dat almal ‘n goeie vangs sal hê,” het Dominic Magalhaes van die klub gesê.
Hy het bygevoeg dat enige borgskap baie hoog op prys gestel sal word.
Vir navrae kan Magalhaes by 062 745 0776 gekontak word.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.