Local news

Inwoners raadop met verstopte dreine

Die inwoners sit met hul hande in hul hare oor die verstopte dreine en stank.

Inwoners van die Karee Hof woonstelle in Rensburg is raadop met verstopte dreine.

Liezel Coetzer wat in woonstel 13 bly, het aan Heraut vertel dat hulle die afgelope agt maande lank sukkel met die dreine en dat sy dit by verskeie geleenthede by Lesedi Plaaslike Munisipaliteit aangemeld het.

“Die riool loop oor by die dreine wat reg by ons woonstel venster is. Die stank is ondraaglik en baie onhigiënies,” het sy gesê.

Volgens Liezel was LPM werkers daar om en by die 15de Maart.

“Hulle het na die dreine gekyk en het nog nie weer terug gekeer nie. Ons is raadop. Ons weet nie meer waar nog om die saak te rapporteer nie en het ons na die koerant gekeer,” het Liezel gesê.

Die klagte is deur gegee aan LPM se woordvoerder Katleho Seaga.

Teen druktyd was daar nog geen terugvoering ontvang nie.

Die riool loop oor die dreine by Karee hof woonstelle in Rensburg. Die inwoners is raadop aangesien hulle vir die afgelope agt maande dit by LPM rapporteer en geen hulp kry nie.

Related Articles

 
Back to top button